Konstantyn XI Palaiologos

Konstantyn XI Palaiologos
Keiser van die Bisantynse Ryk

Bewind 6 Januarie 1449 - 29 Mei 1453
Voorganger Johannes VIII Palaiologos
Opvolger Geen
Gebore 8 Februarie 1405
Konstantinopel
Oorlede 29 Mei 1453 (op 48)
Konstantinopel
Dinastie Palaiologos
Vrou Theodora Tocco
Caterina Gattilusio
Vader Manuel II Palaiologos
Moeder Helena Dragas

Konstantyn XI Dragases Palaiologos (Grieks: Κωνσταντῖνος Δραγάσης Παλαιολόγος; 8 Februarie 1405 - 29 Mei 1453), in latere Griekse folklore bekend as die Marmerkeiser (Μαρμαρωμένος Βασιλιάς, Marmaromenos Vasilias), was die laaste Bisantynse keiser en het regeer van 1449 tot met sy dood met die val van Konstantinopel in 1453. Konstantyn se dood het die einde beteken van die Bisantynse Ryk, wat teruggespoor kan word tot met Konstantyn die Grote se stigting van Konstantinopel as die Romeinse Ryk se nuwe hoofstad in 330 n.C.

Omdat die Bisantynse Ryk die Romeinse Ryk se Middeleeuse voortsetting was, met sy burgers wat na hulleself as Romeine verwys het, het Konstantyn XI se dood en Konstantinopel se val ook die definitiewe einde beteken van die Romeinse Ryk, wat byna 1 500 jaar vroeër deur Augustus gestig is.


© MMXXIII Rich X Search. We shall prevail. All rights reserved. Rich X Search